Avignon

Avignon

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Provence-Alpes-Côte d'Azur
 Département Vaucluse
 Koördinate 43°57′N 4°49′O / 43.950°N 4.817°O / 43.950; 4.817
 Stigting 6de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 64,78 vk km
 Hoogte bo seevlak 10-122 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 89 592
 - Bevolkingsdigtheid 1 383/vk km
 - Metropolitaanse gebied 507 626
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Cécile Helle (PS)
 Amptelike webwerf avignon.fr

Avignon [aviˈɲɔ̃] is 'n Suid-Franse stad in Provence met sowat 90 000 inwoners (2009). Die stad, wat teen die linkeroewer van die Rhône lê, is die prefektuur (hoofstad) van die département Vaucluse en staan veral vir sy bekoorlike ou stadskern met sy middeleeuse geboue en die indrukwekkende stadsmuur bekend, wat volledig bewaar is.

Avignon se brug oor die Rhône (die Pont St. Bénézet uit die 12de eeu) het wêreldbekend geword danksy 'n ou volkslied ("Sur le pont d'Avignon..." / "Op die brug van Avignon..."). Die oorspronklike brug is van hout gemaak en in die tydperk tussen 1171 en 1185 opgerig.

Net vier van die brug se 22 boë het bewaar gebly, die ander is tydens 'n vloedramp in die jaar 1660 verniel. Die brug is saam met die Gotiese pousepaleis uit die 14de eeu deur UNESCO as wêrelderfenis gelys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search